Doktor Zapiro vang ere-graag by Tuks

Loading player...
Die Universiteit van Pretoria het 'n eredoktorsgraad in opvoedkunde toegeken aan Suid-Afrika se mees gevierde en veelbekroonde redaksionele spotprenttekenaar, Jonathan Shapiro, beter bekend as Zapiro. Die universiteit sê sy spotprente hou die afgelope vier dekades 'n boeiende, insiggewende spieël op van gebeure in Suid-Afrika. Shapiro sê dis vir hom uiters aangenaam om te sien dat sy spotprente in skole en universiteite as onderrighulpmiddels gebruik word:
21 May 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nanso hou voet by stuk oor gratis hoër onderwys

Reaksie is ontvang op onderwysminister Sanet Steenkamp wat sê dat gratis hoër onderwys gekoppel sal word aan die behoeftes en aanvraag van die land se sleutel-ekonomiese sektore. Sy het ook gesê dit sal die wanverhouding tussen gegradueerdes en arbeidsmarkvereistes aanspreek. Steenkamp het gepraat tydens 'n hoflikheidsbesoek aan Karas-goewerneur Aletha Frederick…
9 Jun 11AM 1 min

Krieket: Proteas vol moed vir stryd teen Aussies

Die Proteas se aanvangskolwer, Aiden Markram, sê hulle is vol vertroue in aanloop tot die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap teen die huidige kampioen, Australië, wat Woensdag op Lord’s begin, al het Suid-Afrika ses maande laas ʼn toets gespeel. Markram sê hulle weet hoe belangrik dit is om goed te begin…
9 Jun 11AM 1 min

Erwe spotgoedkoop aan raadslede verkoop

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa sê hy het bewyse dat by een dorpsraad, wat hy nie wou noem nie, het raadslede erwe bekom vir so min as 5 Namibiese dollar net om dit teen ‘n reuse wins te verkoop. Sankwasa het op die Agenda-program van die Engelse dagblad…
9 Jun 10AM 1 min