
Stadspolisie, informele verkopers opnuuts slaags
Loading player...
Reaksie word ontvang op konflik tussen die Windhoek Stadspolisie en informele handelaars voor ‘n groot kettingwinkel in die stad se sentrale sakekern. Video's op sosiale media wys hardhandige optrede deur beamptes in uniform teenoor vroue-verkopers. In November verlede jaar het informele handelaars naby 'n supermark in die stad ook gekla dat die Stadspolisie hul handelsware gekonfiskeer het en boetes opgelê het vir handeldryf in plekke wat nie daarvoor aangewys is nie. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry van Danny Meyer van SME Compete.