AfriForum: 'Finansminister op regte pad'

Loading player...
AfriForum het die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede verwelkom as 'n stap in die regte rigting en prys besnoeiings aan staatsbesteding. Die groep waarsku egter dat hoë belastingkoerse en onaangepaste belastingkategorieë steeds groei belemmer. Die woordvoerder van AfriForum, Louis Boshoff, sê die opgeblase kabinet en stygende salarisrekening moet aangespreek word. Hy voeg by hoewel die begroting vordering toon, wek dienslewering en fiskale dissipline steeds ernstige kommer:
21 May 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nanso hou voet by stuk oor gratis hoër onderwys

Reaksie is ontvang op onderwysminister Sanet Steenkamp wat sê dat gratis hoër onderwys gekoppel sal word aan die behoeftes en aanvraag van die land se sleutel-ekonomiese sektore. Sy het ook gesê dit sal die wanverhouding tussen gegradueerdes en arbeidsmarkvereistes aanspreek. Steenkamp het gepraat tydens 'n hoflikheidsbesoek aan Karas-goewerneur Aletha Frederick…
9 Jun 11AM 1 min

Krieket: Proteas vol moed vir stryd teen Aussies

Die Proteas se aanvangskolwer, Aiden Markram, sê hulle is vol vertroue in aanloop tot die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap teen die huidige kampioen, Australië, wat Woensdag op Lord’s begin, al het Suid-Afrika ses maande laas ʼn toets gespeel. Markram sê hulle weet hoe belangrik dit is om goed te begin…
9 Jun 11AM 1 min

Erwe spotgoedkoop aan raadslede verkoop

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa sê hy het bewyse dat by een dorpsraad, wat hy nie wou noem nie, het raadslede erwe bekom vir so min as 5 Namibiese dollar net om dit teen ‘n reuse wins te verkoop. Sankwasa het op die Agenda-program van die Engelse dagblad…
9 Jun 10AM 1 min