
Heidedal trots op hul eie kuns sentrum gerig op jongmense
Loading player...
Die Inni-Dal-sentrum is gestig om kunsgebaseerde onderrig en leer in Mangaung te verbeter. Hul visie is dat alle kinders en jongmense in die Heidedal- en breër Mangaung-gemeenskappe toegang moet hê tot gehalteprogramme wat kunsgebaseerde metodologie gebruik om maniere te ondersoek om sosiale verhoudings te verstaan deur artistieke, kreatiewe en verkennende ontmoetings. Drama fasiliteerder en stigter van die sentrum, Angelo Mockie, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om sy droom vir Inni-Dal te deel en om oor hul kompetisie te gesels.