
Vakbonde kort jeugstem
Loading player...
Die afname van jeugbetrokkenheid by georganiseerde arbeid kom vandag tydens ‘n werksessie deur die Vakverbond van Namibië, Tucna, op Otjiwarongo onder die loep. Onder die tema, “Maak Vakbonde Werk vir Jongmense”, bring die sessie 30 jong leiers en kenners bymekaar om maniere te verken om vakbonde te moderniseer. Met ondersteuning van ITUC-Afrika is die fokus op digitalisering, werksonsekerheid, klimaatsgeregtigheid en geslagsgelykheid. Die doel is om ’n jeug-geleide aksieplan te ontwikkel wat vakbonde meer relevant en toeganklik vir jongmense maak. Tucna sekretaris-generaal Mahongora Kavihuha het meer.