
Khomas steier onder informele nedersettings weens migrasie
Loading player...
Die Namibiese Statistieke-agentskap se data wys hoë vlakke van migrasie van landelike gebiede na stede, meesal deur jong werksoekers. Cirrus-ontleder Tannan Groenewald sê egter sowat 75 persent van hulle land in informele nedersettings, sonder werk. Die migrasie plaas ook beduidende druk op behuising in stedelike gebiede. Kosmos 94.1 Nuus het met Groenewald gepraat, wat meer inligting oor die statistieke gee.