
Opskud, jy’t nog net tot Vrydag om insette in wetshervorming te lewer
Loading player...
Die publiek het nog net tot Vrydag om voorstelle vir nuwe wette of wysigings aan bestaande wette in te dien. Tydens haar eerste Staatsrede op 24 April het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Namibiërs aangemoedig om betrokke te raak by wetgewende hervorming deur voorstelle aan die lynministerie in te dien. Kosmos 94.1 nuus het met die woordvoerder van die justisieministerie, Edmund Khoaseb, gepraat.