
Oshikoto se landelike water word onderbreek
Loading player...
NamWater het 'n beplande sluiting van watervoorsiening in dele van die Oshikoto-streek vanaf middernag vannag tot middernag môre. Lot Ndamanomhata, NamWater se segsman sê die sluiting sal alle verspreidingspyplyne wat vanaf die Onembenge tweede toring in die Oshikoto-streek voorsien word, raak. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.