
R1 miljard tenderbedrogsaak in Kaapstad vir eers teruggetrek
Loading player...
Die Direkteur van Openbare Vervolging in die Wes-Kaap het die aanklagte in die Stad Kaapstad-tenderbedrogsaak van een-miljard Suid-Afrikaanse rand voorlopig teruggetrek. Dit raak die voormalige burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Malusi Booi, die vermeende 28s-bendeleier, Ralph Stanfield, sy vrou Nicole Johnson en ander medebeskuldigdes. Eric Ntabazalila van die Nasionale Vervolgingsgesag sê Stanfield en Johnson bly in aanhouding op afsonderlike strafregtelike aanklagte: