
Vandag vier ons 62ste Afrikadag!
Loading player...
Namibië herdenk vandag die 62ste Afrikadag, onder die tema "Geregtigheid vir Afrikane en mense van Afrika-afkoms deur reparasies”. Die amptelike vieringe vind plaas in die parlementstuine in Windhoek. Ambassadeur Jerobeam Shaanika, adjunk-uitvoerende direkteur en hoof van multilaterale betrekkinge en samewerking in die internasionale betrekkingeministerie, het 'n boodskap vir die vasteland.