
Trump se tariefmes ook vir Samsung bedoel
Loading player...
Amerika se president Donald Trump het nie net sy mes in vir Apple nie, maar ook ander slimfoon-vervaardigers soos Samsung. Trump het in Withuis gesê die tarief van 25 persent geld vir alle vervaardigers wat slimfone in die VSA verkoop, maar dit nie daar vervaardig nie. Hy het onlangs sy misnoë met Apple se hoof, Tim Cook, te kenne gegee omdat hy ‘n nuwe vervaardigingsaanlegte vir iPhone in Indië gaan bou. Cook, op sy beurt, het gesê hy verwag Apple sal in die huidige kwartaal sowat 900 miljoen Amerikaanse dollar aan tariewe moet opdok.