
SA se Simbine laat spaander in Marokko
Loading player...
Die Suid-Afrikaner Akani Simbine bly vanjaar onoorwonne in die 100 meter nadat hy sy derde Diamantliga-sege van die jaar in Rabat, Marokko, behaal het. Hy het met ʼn tyd van 9,95 sekondes voor Ferdinand Omanyala van Kenia en die Amerikaner, Fred Kerley, oor die wenstreep genael. Simbine se landgenoot, Zakithi Nene, het ʼn sterk vertoning in die mans se 400 meter gelewer en tweede geëindig. Nog ʼn Suid-Afrikaner, Prudence Sekgodiso, moes ook tevrede wees met ʼn tweede plek in die 800 meter vir vroue. Simbine sê hy voel goed en vol vertroue: