
Namibië spog met oliereserwes in Parys
Loading player...
Namibië se energieministerie sê meer as 80 persent van die land se aflandige olie- en gasreserwes bly onontgin. Petroleumkommissaris Maggy Shino het tydens die Invest in Africa Energy-konferensie in Parys gesê groot gebiede op land hou ook onbenutte potensiaal in. Met groot eksplorasie aan die gang in die Oranje-bekken, wat glo tot 100 miljard vate olie bevat, hersien Namibië sy olie- en gasbeleid om die groeiende sektor te ondersteun. Shino is aan die woord.