
Biodiversiteit verseker volhoubare ontwikkeling
Loading player...
Die Internasionale Dag vir Biologiese Diversiteit is herdenk onder die tema “Harmonie met die natuur en volhoubare ontwikkeling”. Dit het beklemtoon hoe diversiteitsbewaring verbind is met Namibië se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte, en illustreer dat beide agendas saam moet vorder aangesien hulle mekaar ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Namibiese ekoloog, dr. Peter Cunningham, wat die belangrikheid van biodiversiteit uitlig.