
Ongelisensiërde hommeltuie ‘n groot probleem
Loading player...
Die naspoor van hommeltuie in Namibië word bemoeilik omdat baie sonder ‘n lisensie rondvlieg. Die Namibiese Landbou-unie sê dat al hoe meer boere in landelike gebiede hommeltuie gewaar, veral in die nag. NamPol en die Burgerlugvaartowerheid is in kennis gestel. ‘n Beroep word op boere gedoen om foto’s te neem en ‘n beëdigde verklaring af te lê. Kosmos 94.1 Nuus het met ondersoeker Ben Engelbrecht van die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke gepraat. Hy sê hommeltuie is ‘n baie groot probleem.