
Oos-Kaapse premier vra kalmte na dodelike geweld
Loading player...
Die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane het kalmte gevra na dodelike gewelddadige aanvalle tussen buitelandse burgers en Suid-Afrikaners in Addo. Drie buitelanders is tydens wraakaanvalle in Addo vermoor ná ʼn gewelddadige betoging wat die naweek uitgebreek het na die moord op ʼn jong Suid-Afrikaanse man. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê geweld en wraak het geen plek in gemeenskappe nie en vererger dikwels verdeeldheid: