
Ovaherero-, Nama-gemeenskappe boikot herdenking van volksmoord
Loading player...
Vandag word die volksmoord van 1904 tot 1908 amptelik in Namibië herdenk. Die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe verwerp egter 28 Mei as Volksmoord Herdenkingsdag, en sê dit is histories onakkuraat en sonder hul insette ingestel. Hulle verkies 2 Oktober en 12 April, waarop die volksmoordbevele uitgereik is. Die amptelike herdenking vind vandag by die parlementstuine in Windhoek plaas. Kosmos 94.1 het gesels met Maboss Ortmann van die Nama Tradisionele Owerheid.