
Vakbond vra SARB vir rente-genade
Loading player...
Die vakbondfederasie Cosatu vra 'n rentekoersverlaging van 50 basispunte terwyl die Reserwebank (SARB) se Monetêre Beleidskomitee vandag vergader. Matthew Parks van Cosatu sê die ekonomie het verligting nodig met dalende inflasie en werkers wat deur skuld en stygende lewenskoste belas word. Die meeste werkers bly onder druk weens skuld, ondanks 44 miljard rand wat deur pensioenhervormings beskikbaar geword het. Parks beklemtoon dat 'n koersverlaging belangrike ondersteuning aan sukkelende huishoudings sal bied en sal help om die ekonomie weer aan die gang te kry: