
Net 16% van SA munisipaliteite kan met geld werk
Loading player...
Die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, sê die stand van finansiële en prestasiebestuur-dissiplines in plaaslike regering laat veel te wense oor. Plaaslike regering het die afgelope drie jaar 17,6 miljard rand verloor weens vrugtelose en verkwistende besteding. Die ouditeur-generaal het bevind slegs 41 uit 257 rade het in die 2023/24-boekjaar ʼn skoon oudit ontvang. Maluleki het aan die parlementêre komitee oor samewerkende regering en tradisionele sake gesê net 16 persent munisipaliteite kan vertrou word om openbare fondse doeltreffend te bestee: