Valterra Platinum, ou Amplats, maak debuut op JSE

Loading player...
Valterra Platinum, voorheen Anglo American Platinum, het Woensdag sy debuut op die Johannesburgse Effektebeurs gemaak, voor sy amptelike ontbinding van Anglo American aan die einde van Mei. In 'n onderhoud met SABC News sê die finansiële hoof van Valterra, Sayurie Naidoo, die skuif is 'n belangrike stap in die maatskappy se oorgang. Sy het Valterra se verbintenis tot groei, operasionele onafhanklikheid en die skep van langtermynwaarde vir aandeelhouers beklemtoon:
29 May 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nege Bokke in Bulle-span teen Edinburgh

Embrose Papier is gekies as skrumskakel vir die Bulle in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen Edinburgh vandag op Loftus in Pretoria. Keagan Johannes begin as sy skakelmaat met Willie le Roux as heelagter. Kaptein Ruan Nortjé is weer in die nommer sewe-trui. Canan Moodie sal op die regtervleuel wees. Direkteur van…
30 May 10PM 1 min

Copps 94.1: Rustige Vrydagaand in hoofstad

Copps 94.1 het ‘n betreklike stil Vrydagaand in Windhoek agter die rug, met motorbestuurders wat vir die meeste van die probleme verantwoordelik was. Francois Lottering was oudergewoonte saam en doen verslag vanaf die toneel:
30 May 9PM 1 min

Hoofverdagte in Olorato Mongale-moord doodgeskiet

Die hoofverdagte in die moord op die 30-jarige Olorato Mongale is vanoggend in KwaZulu-Natal deur die polisie doodgeskiet. Haar liggaam is Sondag in Lombardy-Wes in Johannesburg gevind. KZN se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê hulle het inligting ontvang dat een van die verdagtes by ʼn woonkompleks in Amanzimtoti skuil. Hy sê…
30 May 9AM 1 min

Trump mislei deur vals wit volksmoord-bewerings: Pastoor Mark Burns

Pastoor Mark Burns, 'n boesem-ondersteuner van Amerikaanse president Donald Trump, het bewerings van 'n wit volksmoord in Suid-Afrika weerlê en dit vals en gemanipuleerd genoem. In 'n onderhoud met Newzroom Afrika het Burns gesê Trump is mislei deur wit Suid-Afrikaanse groepe, insluitend AfriForum, wat onwettige grondbesetting en geweld oordryf het…
30 May 9AM 1 min

Amupanda byt vas met hoesstroop-bewerings

Die leier van die AR-beweging, Job Amupanda, het Donderdag 'n verklaring uitgereik oor 'n inspeksie in 2023 deur die Namibië Medisyne Reguleringsraad, wat glo verskeie probleme gevind het in die vervaardiging van 'n paracetemol hoesstroop vir kinders. Fabupharm, die vervaardiger, het in 'n verklaring die publiek verseker dat die stroop…
30 May 8AM 1 min