Rugby: Etzebeth verwag moeilike stryd teen Munster

Loading player...
Hoewel die Haaie die Europese Uitdaagbeker gewen het, het hulle nie veel welslae behaal in die Verenigde Rugbykampioenskap nie. Hulle het verlede seisoen in die 14de plek op die punteleer afgesluit. Die Durbanse span berei voor vir Saterdag se kwarteindstryd teen die Ierse span Munster op Kingspark in Durban. Die Haaie se kaptein, die Springbok-ster Eben Etzebeth, sê hulle verwag 'n moeilike wedstryd ondanks hulle tuisveld-voordeel:
29 May 8PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mej. Wêreld 2025: Vandag is die dag!

Mej. Wêreld Namibië 2025, Selma Kamanya, het haar top-20 plek in die Mej. Wêreld-kompetisie, wat vandag in Hyderabad in Indië plaasvind, verseker. Die finaal begin om 3-uur Namibiese tyd op die Miss World-webwerf by www.watchmissworld.com. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Marco Coetzee, die nasionale direkteur van die Miss NGO-skouspel…
30 May 11PM 1 min

Nege Bokke in Bulle-span teen Edinburgh

Embrose Papier is gekies as skrumskakel vir die Bulle in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen Edinburgh vandag op Loftus in Pretoria. Keagan Johannes begin as sy skakelmaat met Willie le Roux as heelagter. Kaptein Ruan Nortjé is weer in die nommer sewe-trui. Canan Moodie sal op die regtervleuel wees. Direkteur van…
30 May 10PM 1 min

Copps 94.1: Rustige Vrydagaand in hoofstad

Copps 94.1 het ‘n betreklike stil Vrydagaand in Windhoek agter die rug, met motorbestuurders wat vir die meeste van die probleme verantwoordelik was. Francois Lottering was oudergewoonte saam en doen verslag vanaf die toneel:
30 May 9PM 1 min

Hoofverdagte in Olorato Mongale-moord doodgeskiet

Die hoofverdagte in die moord op die 30-jarige Olorato Mongale is vanoggend in KwaZulu-Natal deur die polisie doodgeskiet. Haar liggaam is Sondag in Lombardy-Wes in Johannesburg gevind. KZN se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê hulle het inligting ontvang dat een van die verdagtes by ʼn woonkompleks in Amanzimtoti skuil. Hy sê…
30 May 9AM 1 min

Trump mislei deur vals wit volksmoord-bewerings: Pastoor Mark Burns

Pastoor Mark Burns, 'n boesem-ondersteuner van Amerikaanse president Donald Trump, het bewerings van 'n wit volksmoord in Suid-Afrika weerlê en dit vals en gemanipuleerd genoem. In 'n onderhoud met Newzroom Afrika het Burns gesê Trump is mislei deur wit Suid-Afrikaanse groepe, insluitend AfriForum, wat onwettige grondbesetting en geweld oordryf het…
30 May 9AM 1 min