
Nege Bokke in Bulle-span teen Edinburgh
Loading player...
Embrose Papier is gekies as skrumskakel vir die Bulle in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen Edinburgh vandag op Loftus in Pretoria. Keagan Johannes begin as sy skakelmaat met Willie le Roux as heelagter. Kaptein Ruan Nortjé is weer in die nommer sewe-trui. Canan Moodie sal op die regtervleuel wees. Direkteur van Rugby, Jake White, het nege Springbokke in sy beginspan ingesluit met sterre soos Akker van der Merwe en Marco van Staden op die bank. Afskop is om 13:30. Kosmos 94.1 het met Willem Strauss, president van die Bulle, gepraat: