
Biodiversiteit lewensbelangrik vir Namibië
Loading player...
Volgens die Biofin Namibia-inisiatief is die land ryk aan biodiversiteit, en die bewaring van sy natuurlike hulpbronne is van kritieke belang vir lewensbestaan, voedselsekerheid, klimaatsveerkragtigheid en ekonomiese volhoubaarheid. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bernadette Shivute, volhoubare finansieringspesialis by die UNDP-kantore in Namibië, wat verduidelik waarom biodiversiteitsbewaring belangrik is, ondanks uitdagings soos armoede en werkloosheid.