Regering van nasionale eenheid in SA een jaar oud

Loading player...
Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die kabinet is dankbaar om die regering van nasionale eenheid se eerste herdenking as 'n belangrike mylpaal in die demokrasie van Suid-Afrika te vier. Sy sê die tien-party-koalisie, wat slegs 14 dae ná die verkiesing gevorm is, toon 'n sterk verbintenis tot eenheid, bestendigheid en inklusiewe regering. Ntshavheni sê ondanks politieke verskille, bly die RNE gefokus op nasionale eenheid en die bou van 'n land wat meer welvarend en regverdig is:
30 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rugby: FNB Kudus opgewonde oor toekoms

Vreugdesvure op Walvisbaai brand steeds hoog ná FNB Kudus Saterdag vir die eerste keer die Namibiese Rugbypremierliga gewen het. Die span het FNB Wanderers in die eindstryd op die Hage Geingob-stadion in Windhoek met 50-32 geklop. Kosmos 94.1 Nuus het met Shaun White, die afrigter van die Kudus, gesels:
8 Jun 6AM 1 min

DA wil spes-eenheid teen landelike misdaad hê

Die DA sê die regering moet 'n gespesialiseerde landelike veiligheidseenheid met opgeleide en toegeruste lede wat fokus op landelike misdaad, plaasaanvalle en veediefstal in die polisie stig. DA-lid Ian Cameron sê vir die eerste keer het twee sleutelportefeuljekomitees, Landbou en Polisie, die werklikheid van en styging in plaasaanvalle en die…
8 Jun 5AM 1 min

Visstakers kry werk terug

Onderhandelinge tussen die regering, werkgewers en werkers is afgehandel om stakers wat in 2015 afgedank is, weer by vismaatskappye in te lyf. Ooreenkomste in dié verband is Saterdag op Walvisbaai onderteken. Volgens die minister van landbou en visserye, Inge Zaamwani, het al dié werkers, asook voormalige Namsov-werknemers nou weer werk.
8 Jun 4AM 1 min

Motorsport: Dippenaar, Swan maak Tara-geskiedenis

Wilro Dippenaar en Carolyn Swan het geskiedenis gemaak deur die naweek se Shell V-Power Tara-tydren vir die derde opeenvolgende jaar te wen. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het die gebeure gevolg en doen verslag van die toneel:
8 Jun 3AM 1 min

Hou woef, kiets warm - dis ysig!

Die winter gaan die week met mening toeslaan en volgens voorspellings sal die hele land erg koud kry. Volgens die bekende weerkenner, George van der Merwe, is die stelsel uiters sterk en temperature sal baie laag wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Silke van der Merwe, die direkteur van…
8 Jun 2AM 1 min