
BIG maak groot verskil in Namibiërs se lewens, toon verslag
Loading player...
Die Nasionale Raad se staande komitee oor gesondheid, waatskaplike Welsyn en arbeidsake het 'n verslag vrygestel oor die basiese inkomstetoelaag-loodsprojek by Otjivero en Omitara van 5 Augustus 2024 tot 9 Mei vanjaar. Die verslag spoor die regering aan word om toelaes uit te brei na kwesbare, werklose Namibiërs tussen 19 en 59 jaar oud. Die maandelikse toelaag van 100 Namibiese dollar het voedselsekerheid en skoolbywoning verbeter. Begunstigdes het die geld gebruik vir noodsaaklikhede en inkomstegenererende aktiwiteite, wat gelei het tot verbeterde maatskaplike welstand. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tjipura Tjipura, die woordvoerder van die Basiese Inkomstetoelaagkoalisie van Namibië.