
Uraan, akkerbou ekonomiese dryfvere vanjaar
Loading player...
Die Bank of Namibië het onlangs gesê die binnelandse ekonomie sal na verwagting in 2025 met 3,8 persent groei en met 4 persent in 2026, vanaf sowat 3,7 persent in 2024. Volgens sy ekonomiese voorspellingsverslag sal die verwagte groei in die primêre bedrywe, ondersteun deur sterk groei in gewasboerdery en uraanproduksie, die belangrikste dryfveer van die beskeie versterking in 2025 wees. In die meeste sektore trek besighede nog swaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die besigheids-omkeerspesialis Christof Steenkamp, wat verduidelik hoe sukkelende besighede gehelp kan word.