
NamWater maak waterplanne vir sentrale gebied bekend
Loading player...
NamWater het sy jaarlikse werkswinkel vir belanghebbendes in die sentrale gebied in Windhoek gehou om waterbeskikbaarheid na die 2024/2025-reënseisoen te bepaal. Die uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, het verbeterde damvlakke verwelkom, maar waarsku teen droogterisiko's. Die Swakoppoort-, Von Bach- en Omatako-damme kan tans water vir twee seisoene verskaf, selfs al reën dit nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van NamWater, Lot Ndamanomhata gepraat, wat belangrike aanbevelings uitlig.