
Nama-fees wil ook jeug met volksmoord vertroud maak
Loading player...
Die sesde Nama Kulturele Fees het op Keetmanshoop afgeskop. Stalletjies met handwerk eie aan die Namas, tradisionele kos en –kruie pryk op die feesgronde by die Westdene-stadion, waar kultuurgroepe sorg vir vermaak en Nama-musiek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Michael Haman, 'n lid van die Nama Tradisionele Owerheid se tegniese komitee, wat sê hulle sal ook die Nama-volksmoord met die jeug bespreek, want hulle is die toekoms.