Amupanda byt vas met hoesstroop-bewerings

Loading player...
Die leier van die AR-beweging, Job Amupanda, het Donderdag 'n verklaring uitgereik oor 'n inspeksie in 2023 deur die Namibië Medisyne Reguleringsraad, wat glo verskeie probleme gevind het in die vervaardiging van 'n paracetemol hoesstroop vir kinders. Fabupharm, die vervaardiger, het in 'n verklaring die publiek verseker dat die stroop veilig is. Amupanda het daarna 'n plasing op X gemaak oor 'n gedeelte van die inspeksie se bevindings.
30 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

CAF-eindstryd: Dis Mamelodi Sundowns teen Pyrmids FC

Mamelodi Sundowns pak Pyrmids FC om agtuur vanaand in Kaïro vir die beslissende tweede ronde van die CAF Kampioeneliga-eindstryd. Sundowns moet ná hulle gelykopuitslag van een-elk, minstens met 2-elk gelykop speel om die titel te kan verower. Die afrigter, Steve Komphela, sê die span het die vermoëns, maar hulle moet…
1 Jun 1AM 1 min

Witbooi betig tradisionele leiers

Adjunkpresident Lucia Witbooi het ‘n beroep op tradisionele leiers gedoen om onderlinge geskille uit die weg te ruim wat verdeeldheid saai. Witbooi het Vrydag tydens die opening van die sesde Nama Kulturele Fees op Keetmanshoop gesê verskille moet minsaam opgelos word ter bevordering van maatskaplike vooruitgang, groei en ontwikkeling.
1 Jun 12AM 1 min

Geen politieke inmenging, sê Valke se oudhoof

Die uittredende hoof van die Valke, advokaat Godfrey Lebeya, sê daar was geen politieke inmenging binne die direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke sedert dit gestig is nie. Tydens 'n afskeidsfunksie die naweek het hy 'n oorsig gegee van sy ampstermyn van 2018 tot sy laaste dag by die Valke en polisie in…
1 Jun 12AM 1 min

Kulturele gemeenskappe in SA rigtingloos, sê AfriForm

AfriForum het die Parlement aangemoedig om minagting van die Konstitusionele Hof te vermy deur sperdatums vir die regstelling van ongrondwetlike wette na te kom. Dit volg op 'n tweejaar-verlenging wat toegestaan is vir die aanvaarding van die Wet op Tradisionele en Khoi-San-leierskap. Barend Uys van AfriForum waarsku dat die vertraging…
31 May 10PM 1 min

Namibië se Selma blink uit by Mej. Wêreld

Mej. Wêreld Namibië, Selma Kamanya, het Saterdaand in Hyderabad, Indië geskiedenis gemaak deur onder die top-8 uit 107 deelnemers te eindig. Mej. Thailand, Suchata Chuangsri, is as die nuwe Mej. Wêreld gekroon. Tydens die kompetisie is Kamanya gevra hoekom sy dink sy behoort die kroon te dra. Hier is haar…
31 May 10PM 1 min