
Tabaktaktiek sommer twak, sê CAN
Loading player...
Wêreld Geen-Tabak Dag word vandag gevier. Die Kankervereniging van Namibië steun die Wêreld Gesondheidsorganisasie se veldtog om die misleidende taktieke van die tabak- en nikotienbedryf te ontbloot, veral dié wat op jongmense gemik is. Hulle doen 'n beroep op die regering om geurmiddels te verbied, belasting te verhoog, en e-sigarette en hookah-produkte in openbare ruimtes en onder minderjariges te reguleer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië.