Wreedheid van veediefstal onder die soeklig

Loading player...
Veediefstal, en die wreedheid wat dikwels daarmee gepaardgaan, is nogmaals onder die vergrootglas nadat die eienaars van die plaas Klein Okombahe naby Omaruru vandeesweek ‘n kalf gevind het wat met ‘n spies deurdring was. Die kalf het by die kraal uitgekom maar is toe dood. Die Omaruru Boerevereniging het die regering gevra om drastiese strafmaatreëls vir veediefstal in te stel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security, oor die wreedheid en die huidige situasie in die Erongo-streek met veediefstal.
2 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA wil spes-eenheid teen landelike misdaad hê

Die DA sê die regering moet 'n gespesialiseerde landelike veiligheidseenheid met opgeleide en toegeruste lede wat fokus op landelike misdaad, plaasaanvalle en veediefstal in die polisie stig. DA-lid Ian Cameron sê vir die eerste keer het twee sleutelportefeuljekomitees, Landbou en Polisie, die werklikheid van en styging in plaasaanvalle en die…
8 Jun 5AM 1 min

Visstakers kry werk terug

Onderhandelinge tussen die regering, werkgewers en werkers is afgehandel om stakers wat in 2015 afgedank is, weer by vismaatskappye in te lyf. Ooreenkomste in dié verband is Saterdag op Walvisbaai onderteken. Volgens die minister van landbou en visserye, Inge Zaamwani, het al dié werkers, asook voormalige Namsov-werknemers nou weer werk.
8 Jun 4AM 1 min

Motorsport: Dippenaar, Swan maak Tara-geskiedenis

Wilro Dippenaar en Carolyn Swan het geskiedenis gemaak deur die naweek se Shell V-Power Tara-tydren vir die derde opeenvolgende jaar te wen. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het die gebeure gevolg en doen verslag van die toneel:
8 Jun 3AM 1 min

Hou woef, kiets warm - dis ysig!

Die winter gaan die week met mening toeslaan en volgens voorspellings sal die hele land erg koud kry. Volgens die bekende weerkenner, George van der Merwe, is die stelsel uiters sterk en temperature sal baie laag wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Silke van der Merwe, die direkteur van…
8 Jun 2AM 1 min

SA koop R70m se entstof teen bek-en-klouseer

Suid-Afrika se minister van landbou, John Steenhuisen, sê sy departement het meer as 900 000 dosisse entstof ter waarde van 70 miljoen rand bestel om die bek-en-klouseer-uitbrekings in die land te bekamp. Hy sê diere sal ingeënt word in alle gebiede wat die departement geprioritiseer het. Steenhuisen sê Limpopo en…
8 Jun 12AM 1 min