
Wêreldmarkte is alles behalwe kalm
Loading player...
Die eerste helfte van 2025 was allesbehalwe kalm, met 'n golf van ekonomiese skokke en geopolitieke probleme wat wêreldmarkte en beleggersvertroue geskud het. Terwyl aandele gereeld hoofopskrifte haal, het kommoditeite die duidelikste seine van die onderliggende wêreldwye bui gelewer. Namate makro-ekonomiese risiko's vererger, pas beleggers hul taktieke aan en kyk hulle toenemend na kommoditeite as aanduiders van wêreldwye stabiliteit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Kara van den Heever, 'n ekonoom by Simonis Storm.