
IATA verwag rederye sal vanjaar bestendig bly
Loading player...
Die Internasionale Lugvervoer-vereniging, IATA, het 'n opdatering van die finansiële vooruitsigte van lugdienste vanjaar aangekondig, wat beter winsgewendheid oor 2024 en veerkragtigheid toon in die lig van die wêreldwye ekonomiese en politieke verskuiwings. Alhoewel wêreldwye BBP-groei na verwagting van 3,3 persent in 2024 tot 2,5 persent in 2025 sal daal, sal die winsgewendheid van lugrederye na verwagting verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Linden Birns, besturende direkteur van Plane Talking.