
Welwitschias hard aan't oefen voor besige program
Loading player...
Die Namibiese Rugby-unie het sy Welwitschias-oefengroep aangekondig vir die komende Junie-kamp en opwarmingswedstryde. Namibië sal teen Uganda en die Airlink Pumas te staan kom voor 'n toets teen Italië. Hierdie voorbereidings is vir die Rugby Afrikabeker 2025 in Julie in Uganda, wat dien as 'n direkte kwalifiseerder vir die 2027 Rugby Wêreldbeker in Australië. Skrumskakel Jacques Theron vertel meer oor hul oefenkamp.