IPL-titel behoort aan Royal Challengers Bengaluru

Loading player...
Die Royal Challengers Bengaluru het die Punjab Kings met ses lopies geklop om hul eerste Indiese Premierliga-titel te buit. Virat Kohli met 43 het die meeste lopies bygedra en RCB het in sy 20 boulbeurte 190 vir nege behaal. Ten spyte van Shashank Singh se onoorwonne 61, is Punjab in antwoord daarop tot 184 vir sewe beperk. Kohli, wat die enigste speler is wat in al 18 IPL-seisoene net vir een span gespeel het, sê hierdie oorwinning is net so veel vir die ondersteuners as vir die span:
4 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Omgewingsministerie lig post-Covid prestasies uit

Die omgewingsministerie het vanoggend 'n inligtingsessie aangebied om met Wêreldomgewingsdag saam te val. Die ministerie se prestasies is uitgelig, veral die toerismebedryf se herstel na Covid-19 in 2020. Lynminister Indileni Daniel het ‘n paar statistieke gedeel.
5 Jun 11AM 1 min

DA kap versuim om grondeise af te handel

Die DA sê die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het versuim om bestaande grondeise te verwerk, ondanks die feit dat hulle die wetlike raamwerk, tyd en befondsing gehad het om dit te doen. Tot op hede is meer as 52-miljard Suid-Afrikaanse rand aan grondteruggawes bestee. Sonja Boshoff van…
5 Jun 11AM 1 min

Welwitschias hard aan't oefen voor besige program

Die Namibiese Rugby-unie het sy Welwitschias-oefengroep aangekondig vir die komende Junie-kamp en opwarmingswedstryde. Namibië sal teen Uganda en die Airlink Pumas te staan kom voor 'n toets teen Italië. Hierdie voorbereidings is vir die Rugby Afrikabeker 2025 in Julie in Uganda, wat dien as 'n direkte kwalifiseerder vir die 2027…
5 Jun 10AM 1 min