Starlink is digitale imperialisme - ATM

Loading player...
Die African Transformation Movement eis 'n onmiddellike verbod op Elon Musk se onderneming, die Starlink-satellietdiens, en sê dit word onwettig in Suid-Afrika bedryf. Die ATM kritiseer die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid se versuim om op te tree en noem Starlink se bedrywighede 'n bedreiging vir nasionale soewereiniteit. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, kritiseer ook die ANC-DA-koalisie oor sy apatiese houding en waarsku teen digitale imperialisme. Ntshona doen 'n beroep op die regering om Suid-Afrikaanse wette en belange te beskerm:
4 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Omgewingsministerie lig post-Covid prestasies uit

Die omgewingsministerie het vanoggend 'n inligtingsessie aangebied om met Wêreldomgewingsdag saam te val. Die ministerie se prestasies is uitgelig, veral die toerismebedryf se herstel na Covid-19 in 2020. Lynminister Indileni Daniel het ‘n paar statistieke gedeel.
5 Jun 11AM 1 min

DA kap versuim om grondeise af te handel

Die DA sê die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het versuim om bestaande grondeise te verwerk, ondanks die feit dat hulle die wetlike raamwerk, tyd en befondsing gehad het om dit te doen. Tot op hede is meer as 52-miljard Suid-Afrikaanse rand aan grondteruggawes bestee. Sonja Boshoff van…
5 Jun 11AM 1 min

Welwitschias hard aan't oefen voor besige program

Die Namibiese Rugby-unie het sy Welwitschias-oefengroep aangekondig vir die komende Junie-kamp en opwarmingswedstryde. Namibië sal teen Uganda en die Airlink Pumas te staan kom voor 'n toets teen Italië. Hierdie voorbereidings is vir die Rugby Afrikabeker 2025 in Julie in Uganda, wat dien as 'n direkte kwalifiseerder vir die 2027…
5 Jun 10AM 1 min