Olieraffinadery saam met Botswana 'maak sin'

Loading player...
Namibië se ambisies om 'n plaaslike olieraffinadery te ontwikkel, kan ernstige uitdagings in die gesig staar, met lae nasionale brandstofvraag en hoë kapitaalvereistes wat as belangrike struikelblokke na vore kom. ‘n Raffinadery benodig vraag van tot 300 000 vate daagliks en kan tot 90 miljard Namibiese dollar kos om op te rig. Daar is onlangs berig dat Namibië na Botswana en Angola kyk om ‘n raffinadery op die been te bring. Die petroleum-ekonoom by die energieministerie, Abednego Ekandjo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy meen ‘n vennootskap met Botswana maak baie sin.
4 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cosatu verwelkom beskermende wet op oumense

Cosatu verwelkom die Parlement se goedkeuring van die Wysigingswetsontwerp op Ouer Persone wat nou vir ondertekening na president Cyril Ramaphosa verwys is. Die nuwe wetgewing sal die toepaslike owerhede in staat stel om kwesbare ouer persone sonder 'n hofbevel na tydelike veilige verblyf oor te plaas. Cosatu se woordvoerder, Matthew…
5 Jun 11PM 1 min

Suid-Afrikaners neem voortou by Mopani Ope in Zambië

Die Suid-Afrikaners, Herman Loubser en Hennie Otto, loop saam voor na die eerste ronde van die Mopani Zambië Ope by die Nkana-gholfklub in Zambië na hul rondes van vyf onder baansyfer 67. Hulle is een hou voor hul landgenoot en verdedigende kampioen, MJ Viljoen, en die Sweed Fredrik From. Ander…
5 Jun 11PM 1 min

Omgewingsministerie lig post-Covid prestasies uit

Die omgewingsministerie het vanoggend 'n inligtingsessie aangebied om met Wêreldomgewingsdag saam te val. Die ministerie se prestasies is uitgelig, veral die toerismebedryf se herstel na Covid-19 in 2020. Lynminister Indileni Daniel het ‘n paar statistieke gedeel.
5 Jun 11AM 1 min