
Suid-Afrikaners neem voortou by Mopani Ope in Zambië
Loading player...
Die Suid-Afrikaners, Herman Loubser en Hennie Otto, loop saam voor na die eerste ronde van die Mopani Zambië Ope by die Nkana-gholfklub in Zambië na hul rondes van vyf onder baansyfer 67. Hulle is een hou voor hul landgenoot en verdedigende kampioen, MJ Viljoen, en die Sweed Fredrik From. Ander voorlopers sluit in nog ʼn Suid-Afrikaner, Warwick Purchase op 69, en die Chileen Tomas Gana. Loubser sê hy is tevrede met sy goeie begin: