Wiele2Wiele toets Tank, Omoda en Transit

Loading player...
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar drie padtoetse: Die GWM Tank 300 2.4 diesel, Omoda se C5 230T en die Ford Transit Custom Sport. Hulle gesels ook met Carien Teessen - sy was die enigste dame op ’n vierwielmotorfiets wat aan die onlangse SA Safari Veldtydren deelgeneem het. Hulle gesels ook met AJ Venter, wat aan die North West 200 in Ierland deelgeneem het en tans deelneem aan die Isle of Man TT-renne.
5 Jun 2025 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry Leapmotor se C10 REEV

Wiele2Wiele het die jaarlikse Stand van die Motorbedryf-aanbieding (Somi) deur Toyota Suid-Afrika bygewoon vir die jongste nuus uit die bedryf, asook watter nuwe Toyota-modelle op pad is. Hulle gaan ook ry met Leapmotor se C10 REEV, wat staan vir Range Extended Electric Vehicle.
20 Feb 26 min

Wiele2Wiele ry Tata Tiago

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou wat nuus is by Volkswagen SA na afloop van die jaarlikse VW Indaba. Hulle gaan ry ook met die Tata Tiago, met ’n beginprys van R185 000.
12 Feb 26 min

Wiele2Wiele gesels oor Motor van die Jaar-finaliste

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle vir jou wie die 18 finaliste vir die SAGMJ se Motor van die Jaar-kompetisie is en spandeer ook tyd met een van daardie finaliste – die Volvo EX90 Twin Performance Ultra.
6 Feb 26 min

Wiele2Wiele ry nuwe JMC Vigus-bakkie

Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die nuwe JMC Vigus enkel- en dubbelkajuitbakkie, beskikbaar vanaf R299 900. Hulle bring ook tyd met die Ford Everest Sport SIP deur en vertel jou van die enjinveranderinge wat in 2026 op pad is. Verder deel hulle ’n tegniese wenk oor hibriede voertuie en…
30 Jan 24 min