
Herrie los in die VSA, Trump en Musk baklei, hard
Loading player...
'n Openbare bekgeveg het tussen Elon Musk en Amerikaanse president Donald Trump uitgebreek nadat Musk Trump se sogenaamde “One Big Beautiful Bill” gekritiseer het. Musk het uitgevaar op X en Trump met Jeffrey Epstein verbind, gevra dat hy in ‘n staat van beskuldiging geplaas word en ‘n peiling opgestel om ‘n nuwe party te stig. Trump het by 'n Withuis-perskonferensie met die Duitse kanselier Friedrich Merz oor die aangeleentheid gepraat.