
Sabalenka en Gauff is in Parys in eindstryd
Loading player...
Die wêreld-nommer-een Aryna Sabalenka van Belarus en die Amerikaner Coco Gauff gaan albei probeer om hul eerste Franse Ope-titel in te palm wanneer hulle Saterdag in die eindstryd kragte meet. Sabalenka het die viermalige kampioen Iga Swiatek van Pole verslaan terwyl Gauff die Franse promotorskeuse, Lois Boisson, se skitterende poging beëindig het. Sabalenka is die eerste vrou wat drie agtereenvolgende Grand Slam-eindwestryde haal sedert Serena Williams dit in 2016 reggekry het. Sy sê dit sal wonderlik wees om die trofee te wen: