Woord vir Vandag - 8 Junie 2025

Loading player...
“Daarom – iemand wat één is met Christus, is ‘n nuwe skepping…” 2 Korintiërs 5:17 NLV
Jou lewe is ‘n brief (3)
Mense is veronderstel om die volgende boodskap te kry wanneer hulle na jou kyk: ‘…Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk…’ (2 Korintiërs 3:18 NLV). ‘Maar ons het afstand gedoen van die geheime dinge wat ‘n mens skaam maak…’ (2 Korintiërs 4:2 NLV). ‘Daarom – iemand wat één is met Christus, is ‘n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!’ (2 Korintiërs 5:17 NLV). Met ander woorde, jou brief moet dit duidelik maak dat jy nie die persoon is wat jy eers was nie, want: 1) God het jou geestelik verander. Vroeër het jy nie God se Woord geniet of sy opdragte gehoorsaam nie. Nou hoor, ontvang en gehoorsaam jy sy Woord en verlustig jouself daarin (sien Psalm 119:97-106). 2) Christus het jou moreel verander. Paulus verskaf in 1 Korintiërs 6 ‘n lys van die baie sondes wat eens op ‘n tyd ons lewens gekenmerk het. Hy noem diegene wat onsedelik is, diewe, hebsugtiges, dronkaards, lasteraars, swendelaars, ensovoorts, op. Dan volg hierdie wonderlike vers: ‘Daar was ‘n tyd toe party van julle presies so was, maar nou is julle sonde afgewas en God het julle aan Homself toegewy. Julle is vrygespreekte mense…’ (vers 11 NLV). 3) Christus het jou denkpatrone verander. ‘…laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe…’ (Romeine 12:2 NLV). Jy kan nou na jouself, ander mense, jou uitdagings, jou opsies en geleenthede in die lig van God se gedagtes kyk. Jy sien nou moontlikhede waar jy voorheen net probleme gesien het. Jou gedagtes, wat eens deur bekommernis oorheers was, word nou met vertroue en vrede gevul. In wese moet jou brief hierdie boodskap aan die mense wat jy ontmoet, oordra: ‘Christus het my lewe ten goede verander en as jy Hom toelaat, sal Hy joune ook verander!’
7 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 31 Okt 2025

“In die huis van regverdiges is daar skatte…” Spreuke 15:6 NLV Die Bybel en jou beleggings (3) Om jou vrees vir beleggings te oorkom, moet jy die volgende drie dinge doen: 1) Raak vaardig. Voordat jy begin belê, moet jy die taal en nuanses van die aandelemark, vaste eiendom, gesamentlike…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2025

“In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie...” Spreuke 21:20 NLV Die Bybel en jou beleggings (2) Die Bybel leer ons twee dinge om finansieel vooruit te beweeg. 1) Jy moet wys wees wanneer jy belê. Wanneer iemand vir jou ‘n opbrengs op jou belegging…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Okt 2025

“Na 'n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra.” Matteus 25:19 AFR83 Die Bybel en jou beleggings (1) Jesus het gesê: ‘Verder gaan [die koninkryk van die hemel] soos met ‘n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaar geroep…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 28 Okt 2025

“Versterk die moeë hande… Bemoedig dié wie se knieë swak word en knik. Sê vir dié wat bang is: ‘Wees sterk en moenie bang wees nie…’” Jesaja 35:3-4 NLV Bemoedig iemand vandag Elkeen van ons het bemoediging (ondersteuning wat selfvertroue en die wil om aan te gaan inspireer) nodig. Die…
19 Oct 2 min

Woord vir Vandag - 27 Okt 2025

“Getroude mans, julle moet julle vroue liefhê…” Efesiërs 5:25 NLV Wees lief vir en eer jou vrou Daar is ‘n verhaal van ‘n direkteur en sy vrou wat op reis was en gestop het om petrol in te gooi. Die direkteur het ingegaan om die winkel te besoek en toe…
19 Oct 1 min