Katima is in krisis gedompel, herstelwerk van hoofrioolpomp is stadig

Loading player...
Verouderde infrastruktuur wat nie met die behoeftes van die stygende inwonertal van Katima Mulilo kan tred hou nie, het tot ‘n rioolkrisis op die dorp gelei. Inwoners van Katima Mulilo is aangeraai om tydelik na nedersettings te verskuif om moontlike riooloorstromings in dele van die dorp te vermy ná die hoofpomp op die dorp gebreek het. Volgens die uitvoerende hoof van die Katima Mulilo-dorpsraad, Raphael Liswaniso, vorder herstelwerk aan die pomp stadig. Liswaniso het die situasie as kritiek beskryf en gesê indien dit vererger, sal besighede ook tydelik moet sluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Liswaniso gepraat:
9 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kenner sê oor Trump en Elon se bekgeveg

Spanning tussen president Donald Trump en Elon Musk het vir eers verlig, met assistente van beide kante wat Vrydag stil-stil gesprekke gevoer het, volgens amptenare van die Withuis wat deur Politico aangehaal word. Alhoewel die openbare vete tot stilstand gekom het, meen amptenare beide partye is steeds uiters ongelukkig. Bronne…
9 Jun 4AM 1 min

Bibberweer duur nog so bietjie voort, brei uit na die Noorde toe

Die bibberweer is nog nie verby en duur voort vannag met die koue wat na die noordelike dele versprei. Die Namibiese weerdiens sê temperature kan in die Suide begin herstel maar, sal steeds uiters koud wees. Odillo Kgobetsi van die diens het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
9 Jun 4AM 1 min

RedForce in Walvisbaai bly in die nuus

Die Walvisbaai-munisipaliteit se betalingstelsel hou na bewering inwoners in ’n siklus van agterstallige skuld. In plaas daarvan om betalings te gebruik om die huidige maand se rekening te vereffen, ken die stelsel dit toe aan die oudste onbetaalde skuld, wat beteken elke maandelikse rekening word agterstallig. Die munisipaliteit het ook…
9 Jun 3AM 1 min

Sneeu vandag in die Vrystaat voorspel

Die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê provinsiale rampbestuurspanne het gebeurlikheidsplanne opgestel in afwagting van sneeuneerslae vandag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n waarskuwing uitgereik vir matige sneeuval in die westelike en suidelike dele van die provinsie. Die departement se woordvoerder, Zimasa Mbewu, sê sneeu sal waarskynlik ook…
9 Jun 3AM 1 min

DA dankbaar vir alle stappe wat Agoa beskerm

Die DA in die Wes-Kaap verwelkom voortgesette pogings om landbou-uitvoermarkte te beskerm. Die party sê die Verenigde State bly 'n kritieke handelsvennoot, veral deur die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, wat belastingvrye toegang vir 'n wye reeks Suid-Afrikaanse landbouprodukte bied. Noko Masipa van die DA sê in 2024…
9 Jun 2AM 1 min