
RedForce in Walvisbaai bly in die nuus
Loading player...
Die Walvisbaai-munisipaliteit se betalingstelsel hou na bewering inwoners in ’n siklus van agterstallige skuld. In plaas daarvan om betalings te gebruik om die huidige maand se rekening te vereffen, ken die stelsel dit toe aan die oudste onbetaalde skuld, wat beteken elke maandelikse rekening word agterstallig. Die munisipaliteit het ook ’n kontrak met RedForce om skuld ouer as 60 dae te verhaal. RedForce kry 12 persent kommissie op elke bedrag wat ingevorder word. Kosmos 94.1 Nuus het met Walvisbaai raadslid Ryan Gordon gepraat wat die stelsel bevestig het. Hy is ook ontevrede met RedForce se deelname.