Woord vir Vandag - 14 Junie 2025

Loading player...
“…Julle sal produktief wees in elke goeie werk en God al hoe beter persoonlik leer ken.” Kolossense 1:10 NLV
Wees gewillig om te verander (4)
Om te verander, moet jy jouself aan die proses toewy. Of dit nou in jou loopbaan, jou huwelik, jou bediening of jou wandel met God is, sodra jy jouself aan groei en ontwikkeling en ‘n leefstyl van beplande verbetering toewy, word dit jou nuwe normaal. Jy besef wanneer jy nie vordering maak nie. Iets skort! Daar word beweer dat die Pools-Amerikaanse klassieke pianis Arthur Rubinstein geweier het om na opnames van sy spel te luister. Selfs net ‘n paar maande na die optrede was hy ontevrede met wat hy gehoor het. Hoekom? Omdat hy verander en verbeter het - maar sy opnames het dit nie weerspieël nie. Stop en dink oor die ononderhandelbare dinge in jou lewe. Waarvoor is jy bereid om te lewe en te sterf? Skryf neer waaraan jy ten alle koste wil vashou,en verduidelik volledig hoekom. Nadat jy dit gedoen het, moet alles anders vir verandering oop wees. Paulus het as volg vir die Christene in die kerk in Kolosse gebid: ‘…Ons vra God dat Hy geestelike wysheid en insig aan julle sal gee sodat julle heeltemal seker sal wees van wat Hy wil hê. Dan sal julle leefstyl tot eer van die Here wees en Hy sal daarmee tevrede wees. Julle sal produktief wees in elke goeie werk en God al hoe beter persoonlik leer ken. Deur die krag van sy Goddelike heerlikheid sal Hy julle toerus met al die krag wat julle nodig het om in alle omstandighede geduldig te volhard. Met blydskap moet julle altyd die Vader dank. Hy het julle geskik gemaak om in die erfenis van God se mense te deel, die erfenis wat wag vir mense wat volgens sy wil lewe’ (verse 9-12 NLV).
13 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 31 Okt 2025

“In die huis van regverdiges is daar skatte…” Spreuke 15:6 NLV Die Bybel en jou beleggings (3) Om jou vrees vir beleggings te oorkom, moet jy die volgende drie dinge doen: 1) Raak vaardig. Voordat jy begin belê, moet jy die taal en nuanses van die aandelemark, vaste eiendom, gesamentlike…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2025

“In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie...” Spreuke 21:20 NLV Die Bybel en jou beleggings (2) Die Bybel leer ons twee dinge om finansieel vooruit te beweeg. 1) Jy moet wys wees wanneer jy belê. Wanneer iemand vir jou ‘n opbrengs op jou belegging…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Okt 2025

“Na 'n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra.” Matteus 25:19 AFR83 Die Bybel en jou beleggings (1) Jesus het gesê: ‘Verder gaan [die koninkryk van die hemel] soos met ‘n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaar geroep…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 28 Okt 2025

“Versterk die moeë hande… Bemoedig dié wie se knieë swak word en knik. Sê vir dié wat bang is: ‘Wees sterk en moenie bang wees nie…’” Jesaja 35:3-4 NLV Bemoedig iemand vandag Elkeen van ons het bemoediging (ondersteuning wat selfvertroue en die wil om aan te gaan inspireer) nodig. Die…
19 Oct 2 min

Woord vir Vandag - 27 Okt 2025

“Getroude mans, julle moet julle vroue liefhê…” Efesiërs 5:25 NLV Wees lief vir en eer jou vrou Daar is ‘n verhaal van ‘n direkteur en sy vrou wat op reis was en gestop het om petrol in te gooi. Die direkteur het ingegaan om die winkel te besoek en toe…
19 Oct 1 min