Rundu-inwoners 'moet help met waterkrisis, rekeninge betaal'

Loading player...
Rundu staar 'n toenemende waterkrisis in die gesig namate vinnige bevolkingsgroei toenemende druk op verouderde infrastruktuur en beperkte watervoorsieningstelsels plaas. Die uitvoerende hoof van die dorpsraad, Olavi Nathanael, het onthul dat die dorp tans slegs 857 kubieke meter water kan voorsien maar daar is 1 400 nodig. Intussen is die konstruksie van 'n nuwe behandelingsaanleg geloods. Kosmos 94.1 Nuus het met Nathanael gepraat.
10 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA eis verduideliking van nuwe loterylisensie

Die DA sê die handelminister, Parks Tau, en die voorsitter van die Nasionale Loterykommissie, Barney Pityana, moet die hantering van die nuwe loterylisensie aan die parlement verduidelik. Dit volg op kommer oor die aanstelling van Sizekhaya Holdings as die nuwe lisensiehouer en Ithuba Holdings as 'n tydelike operateur. Toby Chance…
11 Jun 11PM 1 min

Weinstein skuldig bevind in New York

Die gevalle filmbaas Harvey Weinstein is skuldig bevind aan seksuele aanranding in New York, nadat 'n skuldigbevinding aan seksmisdade in die staat verlede jaar omgekeer is. Sewe vroulike en vyf manlike jurielede het vyf dae lank beraadslaag in die ses-weke-lange verhoor voordat hy eenparig aan een van drie aanklagte skuldig…
11 Jun 11PM 1 min

Oranjemund, só werk doeane vir julle SA inkopies

Die Namibië Inkomsteagentskap, NamRA, het reageer op Oranjemund-inwoners se toenemende kommer oor die 16,5 persent doeane-belasting op kruideniersware en toiletware wat in die naburige Suid-Afrika aangekoop is. Inwoners van die dorp steek gereeld die grens oor om in Springbok inkopies te gaan doen, weens hul beperkte plaaslike kleinhandelopsies. Steven Ndorokaze,…
11 Jun 11AM 1 min

Skoolbus-bestuurder onder liggame gevind in Dikolinirivier-tragedie

Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het bevestig die bestuurder van 'n skoolbus wat deur vloedwater meegesleur is, is onder die nege liggame wat vandag in die Dikolini-rivier in Mthatha gevind is. Die bevestigde getal sterftes uit die tragedie staan tans op vier. Die liggame van 'n kleuter en 'n beampte…
11 Jun 11AM 1 min