
Skoolbus-bestuurder onder liggame gevind in Dikolinirivier-tragedie
Loading player...
Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het bevestig die bestuurder van 'n skoolbus wat deur vloedwater meegesleur is, is onder die nege liggame wat vandag in die Dikolini-rivier in Mthatha gevind is. Die bevestigde getal sterftes uit die tragedie staan tans op vier. Die liggame van 'n kleuter en 'n beampte is ook gevind. Vyf reddingspanne bly op die toneel en die soektog duur voort. Mabuyane beskryf die ramp as erger as wat aanvanklik gedink is: