
Afrika moet eie groenwaterstof bestuur, sê Cyril
Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê Afrika moet sy eie groenwaterstofagenda bestuur om te verseker die vasteland trek voordeel uit globale energieoorskakeling. Hy het tydens die eerste Afrika Groenwaterstofberaad in Kaapstad Afrikalande aangespoor om die leiding te neem met die bepaling van standaarde, die bou van sertifiseringstelsels en die vestiging van waterstofkorridors om beleggings en handel te bevorder. Ramaphosa sê daar is 'n oorvloed geleenthede maar waarsku hoë kapitaalkoste en skeefgetrekte beleggingspatrone is groot hindernisse: