Terwyl die kus deur oosweer en wind van tot 35 km per uur gelooi word, word berigte van mildelike reën uit die dele van die Omaheke-streek ontvang. Dit het vanoggend omstreeks 07:30 reeds sowat 50 km suid van Gobabis begin reën, terwyl sosiale media berig neerslae het ook in die…
Twee spelers van die Blitsbok-wêreldkampioen, Ricardo Duarttee en Mfundo Ndhlovu, is aan die voorpunt van die Springbok-sewes se A-span vir die Rugby Afrika Sewesbekertoernooi volgende naweek in Mauritius. Hulle het albei drieë gedruk in die Blitsbokke se oorwinning oor Spanje in die eindstryd van die Wêreldreeks. Nog twee Blitsbokke, Sebastiaan…
Ná die Finansiële Aksie-taakmag Namibië op sy gryslys geplaas het in Februarie verlede jaar, het die land reeds agt van die strategiese tekortkominge op die mag se aksieplan reggestel. Die taakmag het die land hiervoor geprys by sy plenêre vergadering in Straatsburg, Frankryk. Die oorblywende vyf moet teen Mei 2026…
Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het 19 Junie as 'n provinsiale roudag verklaar ter herinnering aan diegene wat in die week se verwoestende oorstromings omgekom het. Tot dusver is 79 sterftes in die provinsie aangemeld. Die premier het aan die media gesê die regering en begrafnisondernemers werk saam om families…
Die regering het 249 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag by Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria verwelkom na hul ontplooiing na die Demokratiese Republiek die Kongo. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, en weermagamptenare het die soldate ontvang, wat Vrydagaand ná verskeie vertragings weens logistieke en tegniese probleme aangekom het . Motshekga…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.