
SA verwelkom eerste soldate uit DRK
Loading player...
Die regering het 249 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag by Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria verwelkom na hul ontplooiing na die Demokratiese Republiek die Kongo. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, en weermagamptenare het die soldate ontvang, wat Vrydagaand ná verskeie vertragings weens logistieke en tegniese probleme aangekom het . Motshekga het hul toewyding aan vrede en streeksbestendigheid geprys. Sy sê dit was 'n emosionele oomblik toe die terugkerende soldate die grond gesoen het: